VERSOEK OM SAMEWERKING EN/ OF OM ‘N BETREKKING
JOHAN VAN DER WESTHUIZEN
Ek, Johan vd Westhuizen, beter bekend as “Wes”, was vir 4 maande in die ICU weens nierversaking. Ek is tans twee maal per week op dialise en dit gaan weer baie goed met my. Aangesien ek vir amper ‘n jaar uit sirkulasie was, was ek genoodsaak om my besigheid, Wes Town Planners CC, te sluit.
Ek glo egter dat ek nog ‘n groot bydra tot die beroep kan maak en sou graag op een of ander manier weer by een of ander firma of persoon betrokke te raak.
Dit gaan nie oor die vergoeding of enige byvoordele nie, maar suiwer om weer ‘n bydra tot die beroep te lewer en besig te bly.
Ek is vanaf 1974 (43 jaar) betrokke in die beroep en het wye ondervinding op alle gebiede.
Ek praktiseer tans steeds onder my eie naam, maar benodig sekerheid vir my kliënt dat daar “back up” (ondersteuning) sal wees ingeval ek weer iets oorkom. Ek kry steeds opdragte en sou dit graag in samewerking met iemand of ‘n firma vir sekerheidsdoeleindes wou doen. Ek is bereid om voltyds of deeltyds te werk as werknemer en/of by wyse van ‘n samewerkingsooreenkoms, behalwe op Maandae en Vrydae tussen 08h00 en 10:00 op welke datums ek dialise ontvang.
JOHAN VD WESTHUIZEN (Pr.Pln/067/1985)
Sel: 0825500140
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.